Directory
Churches
Alberton NGK (Feesgemeente)
Centurion West Presbyterian Church
Website about traditional Presbyterian worship in Raslouw, Centurion. Devotions, articles, teachings, map, etc
His Word Ministry
Ons bediening is in die asemrowende mooi Jeffreysbaai in die Oos-Kaap geleë.
Ons beskou onsself as ‘n baie spesiale en kosbare bediening . Die rede hiervoor is dat ons deur Christus geroep is om elke mens te bedien wat Hy oor ons pad bring . Ons bedien hulle met die onvoorwaardelike liefde en genade en barmhartig van God . Ons bedien hulle sonder om enigsins te oordeel of mensgemaakte geestelike reëls aan hulle voor te hou . Ons is nie aan enige denominasie gekoppel nie , juis omdat ons glo dat ons nie die evangelie met mense kan deel met die vertrekpunt dat hulle sekere kerklike leerstellings en reëls en tradisies later sal moet onderskryf en nakom , voordat hulle deur ons aanvaar sal word nie . Ons respekteer denominasionele bedieninge in die sin dat ons sien dat Christus by hulle verkondig word , maar ons glo nie in al die bagasie wat daarmee saamgaan nie .
Ons glo dat daar slegs een Liggaam van Christus is . Dat Christus die enigste Hoof daarvan is . Aan hierdie enigste Kerk behoort elke mens van reg oor die wêreld wat in Christus glo . Die Woord sê jy word deur die Heilige Gees in hierdie een Liggaam van Christus ingedoop en is een met Christus en met almal wat aan Hom behoort . Daar is nie lidmaatskap formaliteite nodig om aan die gemeente te behoort nie . Ons enigste bron van waarheid is die Woord van God alleen . Ons glo dat die Heilige Gees jou in alle waarheid sal lei waar jy onder die krag van die suiwer Woord van God kom . Ons hoef jou nie in sekere denkrigtings in te forseer met leerstellinge wat nie die toets van die Woord kan deurstaan nie .






























