|
Saterdag, 19 Julie 2008 12:22 |
Ons Visie en Missie Verklaring: Feesgemeente wil God eer. Daarom wil ons mense na Jesus bring deur hul deel te maak van ons geloofgemeenskap, hulle te ontwikkel tot Christus-volwassenheid, hulle toe te rus vir bediening in ons gemeente en vir evangelisasie aan die verlore wêreld. Feesgemeente wil ‘n gemeente wees waar haar lidmate en die gemeenskap nog jare lank kan fees vier en die Here eer. ‘n Gemeente wat fees vier kan kan nie anders as om te fokus op wat positief en opbouend is nie. Feesgemeente neem die eerste kerk in Jerusalem (Hd.2:1-47) as voorbeeld vir die gemeentelewe waar ons sien hoe hulle mekaar onderrig, saam verkeer, saam aanbid, mekaar bedien en evangelisasie gedoen het. Daarom vorm dit ook die fokusareas waarmee óns God wil verheerlik. Feesgemeente se Visie: U om dag vir dag jubelend God se liefde aan mekaar, die omgewing en die wêreld te bring deur die oorvloedige vrug wat ons dra, U sodat God oral as Koning erken en geëer word. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Alberton wil ‘n Feesgemeente wees wat dag vir dag jubelend God se liefde aan mekaar, die omgewing en die wêreld bring sodat Jesus oral as Koning erken en geëer word. Feesgemeente se Missie: Alberton Feesgemeente wil teen die jaar 2016; ons eeufeesviering, ‘n gemeente wees wat ten minste 500 aktiewe lidmate het wat toegerus en besig is om mekaar, die omgewing en die wêreld met liefde en deernis te bedien. Feesgemeente se Embleem: Die embleem met sy verskillende simbole wys ons die pad van verlossing, waarin God geëer word. Die boekmerk dui enersyds op die pad na Jesus (die kruis) wat vanuit die verlore wêreld (sirkel), deur die Woord (wat die Alfa en Omega vir ons daaglikse lewe is), heen na die kruis van verlossing lei. Andersyds is dit die verlossing wat alleen moontlik is vanweë die bloed (rooi in die boekmerk) wat Jesus aan die kruis vir ons gestort het. Die kruis se vertikale as dui op Jesus as die Wingerdstok wat lewe aan die lote (horisontale as; die gemeente) voorsien sodat die lote oorvloedige vrug kan dra. Die volop en heerlike druiwe dui enersyds op al die goeie werke waarmee ons mekaar bedien maar ook waarmee ons die verlore wêreld na Jesus nooi (uitreik). Andersyds is dit ook al die mense wat deur die bediening en uitreiking deel geword het van God se Koninkryk in die gemeente. Die een groen blaar dui op lewe en hoop, maar ook dat die vrug wat gedra word die uiteindelike doel is en nie net ‘n vertoon van blare nie. Die pers in die sirkel dui laastens op God se koningskap wat nou erken word. God word juis verheerlik daar waar Hy as Koning erken word. Die gemeente moet daagliks vrug dra om hierdie siklus, om God te verheerlik, lewend te hou. Ons visie word saamgevat in ‘n slagspreuk: “Dra Vrug Dag Vir Dag Vir Jesus!”, afgekort “DVDVDVJ!”. Feesgemeente se Lied: (Wysie Lied 176) Halleluja – U’s die wynstok – Ons die lote wat wil vrug dra. Laat U liefde steeds in ons bly - Ons kom alles aan U toewy. Daarom kniel ons in aanbidding. Aan die Koning kom ons lof bring. Niks is meer ons eie Here – Ons wil lewe U ter ere. |
|
Laas Opdateer ( Sondag, 17 Augustus 2008 05:21 )
|