Head
Algemeen
Erekode
Geskiedenis
Skooldrag
Tradisie
Koshuis
Datums
Kontak Ons
Oud-Affies
Blou Brokkies
Aansoekvorms
Klub Bloudruk
Donasies Druk Epos

STARGARDT’s DOGTER

Saskia Burman is een van ons matriekleerders wat tans besig is met haar rekordeksamen. Sy ly aan ‘n seldsame oogdefek – Stargardt’s Disease. Dit is ‘n oogdefek wat by bykans 3000-4000 persone in Suid-Afrika voorkom. Hierdie genetiese degenerering van die sentrale visie van die oog lei daartoe dat hulle feitlik hul hele sigwaarde verloor – dus kan hulle nie meer normaal lees nie, hulle sukkel om mense en kleure  te herken. Saskia sal ook nooit ‘n motor kan bestuur nie. Daar is tans nog geen genesing van die siekte toestand nie. Al sigwaarde wat hulle oorhou is min-of-meer dit wat jy en ek uit die hoek van ons oog kan sien.

Ons wil graag vir Saskia help met die aankoop van elektroniese apparate wat haar kan help lees sodat sy makliker kan studeer en selfs na matriek verder kan gaan studeer.

Enige donasies vir Saskia kan in die Agnes Holtzhausen-hulpfonds betaal word. Meer inligting kan bekom word by mev Marie Pienaar (Finansies): 012-344-3811.

Ons onderneem om elke sent oor te plaas en enige surplus aan die Raad vir Blindes of aan U.P. se Ophthalmologie Departement  te skenk  vir soortgelyke gevalle en/of navorsing oor Stargardt’s Disease.

Elektroniese inbetalings kan in die volgende rekening gemaak word:

Afrikaanse Hoër Meisieskool

ABSA Lynnwood (334-745)

Rek: 540 1400 49

Verwysing: SASKIA (+ donateur se van)

Missie

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool se doel is die opvoeding van die dogter in totaliteit: verstandelik, geestelik, sedelik, kultureel en liggaamlik.
Eienskappe soos selfstandigheid, deursettingsvermoë, noukeurigheid, netheid, stiptheid, opregtheid, eerlikheid, gehoorsaamheid, lojaliteit, hoflikheid, fyn smaak, offervaardigheid en nasietrots moet aangekweek word.
Vaderlandsliefde word ontwikkel deur die leerlinge te leer om lojaal aan hulleself, hulle huis en skool te wees en om die groep onselfsugtig te dien, asook om trots te wees op hul klas, klaskamer, skool en volk.
Deur alles wat ons doen en nastrewe, vereer ons die Skepper en Almagtige God wat oor alles regeer. Die Christelike maatstawwe is die onaantasbare bo alles.
Ons stel ons ten doel om die leerders te help om kennis in te samel en om selfstandig te dink. Ons strewe daarna om hulle te help om hulle talente te ontdek en om hulleself te vind.
Ons strewe daarna om waardige burgers vir ons volk op te voed. Die leerders moet doelbewus leer om te onderskei tussen reg en verkeerd en moet soek na 'n eie lewensbeskouing waarvolgens hulle hulle weg deur die lewe kan vind.

 
Jongste Nuus
Wie is aanlyn
to topHead